Ons eerste span seuns het teen Pietersburg gespeel en met 26 teen 29 spelle verloor.

 

Nogmaals baie geluk dat julle so ver gekom het in die seisoen ! 

24, 25 Julie

By hierdie jaarlikse toernooi by die Hoërskool Volkskool in Potchefstroom was die netbalstandaard weereens baie hoog.  Menlopark en Rustenburg Hoërskool was baie sterk in ons afdeling, maar ons het goed gedoen  teen PHS, Swartkop en Garsfontein.  Ons wen ons wedstryd teen St Mary’s.  Nogmaals baie dankie vir die dogters vir puik gedrag gedurende die naweek en ook vir Me. Retha Groenewald en Lientjie Venter wat die dogters vergesel het.   

Hoërskool Piet Potgieter se o/16A span het met ‘n ‘golden goal’ [1 – 0] teen Hoërskool Stofberg van Brakpan gewen.  Lezane Claasen was die speler van die wedstryd.  Die o/16A span speel volgende week teen Pretoria Noord.

Die o/15A span het 4 – 3 teen Holy Rosery School van Bedfordview gewen.  Carin Vorster was die speler van die wedstryd.  Hulle speel volgende week teen Akasia.  Albei is weg wedstryde.

 

 Ons wens albei spanne baie sterkte toe en hou Piet Potgieter se naam hoog.

Congratulations to Y. Mulla, B. Brönn and A. Suliman who were in the group of the best 16 in the Limpopo!

23 July 2009

 

Congratulations to the following learners who did very well in round 2:

Level Two: 

 

1.  Aarifah Suliman

2.  Bennie Brönn  

3.  Rose Kwinana.

5.  Waseem Sabdia      

 

Level Three: 

 

6. Mohammed Mulla

 

Our school won the trophy for the best school in the District!!

Good luck for the final round.  It is today, 31 July 2009, at Turfloop University.

Ons kamp September vakansie by Nakuphi, Tzaneendam.  Indien julle belangstel om saam te kom kamp, kontak gerus vir Mnr.  Hannes Oosthuizen.

Die skool voer hierdie jaar Doringrosie van Roosfontein, ‘n mini-pantomime, op as deel van die Kierieklapper Kunstefees.  Dit sal plaasvind op 4 & 5 Augustus in die skoolsaal.  Kaartjies beloop R30 per persoon en kan by die skool se kantoor te koop wees.

 

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. 

Nuusbrief Nr 24
31 July 2009

 

Lees die Nuus Pot nuusbrief hier

Die wenners:

 

Junior dogters (o/15 Netbalspan)                               Junior Seuns (Slow Boys)

Senior dogters o/16 Blou span)                                  Senior seuns (Duracell span)

 

Elke wenspan het R300 gekry!!

Die ysterspankompetisie vind plaas op Woensdag 29 Julie.  Ons daag alle spanne (Hokkie, netbal, rugby en tennis) uit om deel te neem aan die opwindende kompetisie.  Spanne bestaan uit 6 atlete waarvan die beste 4 atlete se tye sal tel.  daar is 4 afdelings en daar sal van atlete verwag word om hindernisse oor te steek.  Die program is as volg:

15:30   Junior dogters (o/15) ± 4 km.

16:00   Junior seuns (o/15) ± 4 km.

16:30   Senior dogters ± 4 km.

17:00   Senior seuns ± 4 km.

Daar is groot pryse op die spel!!  Kry jou inskrywingsvorm by Mnr. Badenhorst.

« Vorige bladsy