WANT ONS KAN … EN ONS HET!
‘n Dag van seer kele, ‘n dag van sweet, ‘n dag van blydskap, ‘n dag van SUKSES.
23 Februarie 2008 sal ‘n onvergeetlike dag vir elke Pottiekaner bly. Met 8 van die 13 bekers wat huis toe gebring is, sal die dag as ‘n hoogtepunt in ons herinnering bly voortleef.
Ons dogtersatlete se sukses besorg aan ons die volgende bekers:
- Beste Junior Dogters
- Beste Senior Dogters
- Beste Aflos en Beste Algehele Dogterspan
Dis hoe dit gedoen word, meisies!
Ons seunspan loop weg met die beker vir die Beste Junior Seunspan. Die seniors het tweede plek behaal.
Die skitterprestasie van die atlete besorg dan aan ons die wenbeker!
In hul helderkleurige uitrustings het die sangers ook hul deel gedoen deur die atlete aan te moedig en die Pottie-gees lewendig te hou deur die loop van die dag.
Die dirigente het besonders goeie uithouvermoë getoon. Hulle het gesweet, gesing en geskree, maar tog nooit hulle geesdrif verloor nie. Hulle indrukwekkende opkoms het ook aan ons die beker vir die Beste Dirigente Opkoms besorg.
Sowaar, Piet Pot, julle is wenners!
Dis lekker om te sê: Ons bloed is BLOU!
Tumelo en Thapelo Matlou